.

Pampoen Lyrics

Sing, sing jou woorde teen my vas
Bring, jou hele lewe in 'n tas
Vat 'n trein na Bloemfontein
En die 506 na Petrus Steyn
En as jy wil, vat daar 'n bicycle
Volg, volg die grondpad teen die bult
Hol, oor die velde as jy wil
Hier wag ek die jare om
Vir 'n stofwolk op die horison
Of iets soortgelyk, wat soos jy lyk

KOOR
Ek't nog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen
En 'n trekker wat se tyres lek
Vir alles wat ek aan jou gedoen het
Kom jy by my intrek
Ek't nog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen
En 'n plaas wat ek afbetaal
Vir alles wat ek aan jou gedoen het
Kom jy om my te haal
Stuur, stuur my liefde vir jou ma
Maar, as jy kom los haar net daar
Want hier's net plek vir drie van ons
dis ek en jy en 'n af-oor hond
Sy naam is Roof, maar hy's al jare doof
Bring, bring daai goedjies wat jou pla
En ek, maak 'n ring van ogies draad
Ek spaar nog vir die diamant
En 'n donkiekar vir die predikant
Ek sal moet blomme leen, tot dit eendag reen....

KOOR

Woorde & Musiek: Steve Hofmeyr
Report lyrics
Toeka (2003)
Jou Hart Is Weer Myne I Need Someone I Wanna Live Master Jack Pampoen You Asked Me To Liefling Hasie Sunday Girl Stille Rivierstroom Gypsy Girl Ou Kraalliedjie 4x4 So You Win Again Appel Van My Oog Cry to Me Heart She's a Woman Amper Amazing Grace