.

Bang Bang Lyrics

Ek's bang jy gaan my opvreet
Ek moet dalk van jou vergeet
Jy slyp jou tande skerper
Jy't 'n byt maar dis lekker
Soos warm kole op my
Soos bloed vloei jy deur my
Soos 'n vuur in die nag
Soos 'n jakhals wat wag
Soos 'n slang lyk jy verdag

Ek is bang bang bietjie
Bang bang bietjie meer as jy
Want jy vat vat bietjie
Vat vat bietjie meer van my
Ek is stom met jou naby
Daar's 'n oorlog hier in my
Jy loop bo oor my

Ek is bang bang bietjie
Bang bang bietjie meer as jy
bietjie meer as jy

Jy kruip 'n bietjie nader
Jy speel 'n bietjie harder

Ek's bang dit raak al beter
Ek soek jou dis verseker
Soos wind sny jy deur my
Soos die see spoel jy oor my
Ek is bang dit maakk seer
Ek weet ek kan dit nie keer
Daar is geen verweer

Ek is bang bang bietjie
Bang bang bietjie meer as jy
Want jy vat vat bietjie
Vat vat bietjie meer van my
Ek is stom met jou naby
Daar's 'n oorlog hier in my
Jy loop bo oor my

Ek is bang bang bietjie
Bang bang bietjie meer as jy
bietjie meer as jy
Jy ruik jou prooi jy mik en mis nooit
Gaan jy my kou en my dan weer vashou

Ek gee myself op 'n skinkbord
Al weet ek klaar wat gaan van my hart
word

Ek is bang bang bietjie
Bang bang bietjie meer as jy
Want jy vat vat bietjie
Vat vat bietjie meer van my
Ek is stom met jou naby
Daar's 'n oorlog hier in my
Jy loop bo oor my

Ek is bang bang bietjie
Bang bang bietjie meer as jy
bietjie meer as jy
Report lyrics