.

Sonrotse (feat. François van c**e) Lyrics

As die son bo hierdie rotse opkom
gaan almal weet wat ek nog altyd weet
'n mens het sy limiet
al wat jy het is wat die wêreld vir jou bied
ek weet ons is uniek
ek weet
ek wens ons was generiese gedaantes
wat generies in mekaar in pas
my elmboog omhoog
gereeld te hoog gelig

vroumens ons moet vlug

vroumens ons moet vlug

want ek's mos gees vat
kaal keiser
omgekoop en omgedop
net my liggaam loop hier rond
donderwolk
drama-oë
sien net wat jy glo
die peilings het al lankal bewys
ons moet hier uit
vroumens ons moet vlug
as 'n bekende gesig
soos 'n vreemdeling lyk
windloopneus
al weer
al die stuifmeel op geruik
'n mens oorskry gereeld sy limiet
als wat daar was
het ek gevat
als wat die wêreld (ons) verbied
ek wens ons was generiese gedaantes
wat generies in mekaar in pas
my elmboog omhoog
gereeld te hoog gelig
vroumens ons moet vlug

vroumens ons moet vlug

ek probeer my bes
ek sweer
ek probeer my bes
ek sweer
ek probeer my bes
ek sweer
ek probeer my bes
ek sweer ek probeer
ek sweer ek probeer
ek sweer ek probeer

vroumens ons moet vlug
Report lyrics