.

Pêrels en Lewensredders (feat. Frieda van den Heever) Lyrics

Ek het nog altyd gedink dat my laaste asem
Sal nie 'n ernstige gebeurtenis wees nie

Die heildronk
'n Vol hart rol uit by die mond
Gespe my vas by die ruit
Ons sal hard moet try as ons daar wil uitkom
Of rol die film net ageruit
Dis in elk geval my herinnering

Die ter aarde verassing
Op die rug van 'n wind wat my gedagtes kon verander
Herwinbare organe
Lankal oorgedra en uitgeplant
Die heildronk
Waarvan die hart van vol is rol uit by die mond
Gespe my vas by die ruit
Ons sal mooi na mekaar moet kyk
As ons hier wil uitkom
Of rol die film net ageruit
Dis in elk geval my herinnering

'n Leë hart rol uit by die mond
En op teen 'n leer
Hoe hoog is 'n hoog genoeg lewensredderstoel
Ons val uitspattig soos pêrels
Skynbare pêrels
Op 'n strandvloer
Want dit is maklik om te vergeet
Dat die bed wat jy maak
Is die een waarin jy nou moet slaap
So kom ons speel langs 'n afgrond
Daar waar die Kaap van Goeie Hoop twee blou damme laat kopstamp

Want dit bly maklik om te vergeet
Dat die bed waar jy slaap is die een wat jy weer moet opmaak
Report lyrics