.

Vinger Alleen Lyrics

Hierdie tyd van die jaar
Hoekom is ek so seisoenaal?
Dit klink dalk banaal
As die as wat reën jou begrawe
Want die torings wat jou omring
Meestal gister s'n
Skielik skeur hierdie hierdie seun middeldeur
My uitsig is 'n mooi skarlaken rooi
'n Helder, pragtige nagmerrie
Die eenvoud laat my koud
Jou onskuld bewys
'n Mors van my tyd

Ons almal wou mos brand
Met net hierdie stad se ligte aan ons kant
Flikker blink, verrinneweer
Verlep, verskeur, alweer
Die eerste keer is altyd seer
Twee vingers en jy het iets geleer my kind
Van oorgee aan die vlees van 'n vrou
En van 'n man vir haar wees

Haar impulsiewe negatiwiteit
Ek weet jy't idees wat uit jou moet uit
Haar koud laat jou spyt

Pis op my drome
Jou heilige woorde
Soos standaardakkoorde
My broers, my sinode
My verkose narkose is maar wreed
Maar waar
Die eerste keer is altyd seer
Twee vingers en jy het iets geleer my kind
Van oorgee aan die vlees van 'n vrou
En van 'n man vir haar wees

My bloeddorstige lus
Vir immoraliteit
Ek het idees wat uit my moet uit
Maar haar koud laat jou steeds spyt
(Haar koud laat jou steeds spyt)
Report lyrics