.

Hyg Duiwel Lyrics

My keel is vol kernkrag
vandag gaan die waarheid seermaak?

Jaag Duiwel, jaag
'n spartelsweet in spanning,
gehawend,
verhard
skrif teen die muur
gesensuur

Dra my op gewonde hande
elke huis, met sy kruis versier
in alle erns, ek moet bieg
duimgooi kry jou nêrens nie

Dit wat my betaam, my swerwersbetaan
'n lekhart vir die somerkwartaal
'n soendood, dit wat oor my lewer loop

Hyg, jaagduiwel, hyg

afvlerk, my vriende, vlerkaf,
dis doodeenvoudig
te vroeg die moederskoot verlaat
geslagsryp, egalig, immergroen
droogmaak druipeling, in sy deftige voorstad versoen
Dra my op gewonde hande
laat dit juig, as ons ons skandes vier
in alle erns, ek moet bieg
tyd genees nie gene nie

Dit wat my betaam, my swerwersbetaan
'n lekhart vir die somerkwartaal
'n soendood, dit wat oor my lewer loop

Hyg, jaagduiwel
hoog gesweef
laag verdwaal
wat my vertraag is die skuif van die desimaal
Kom ons stel dit uit,
vergewe my kranksinnigheid,
my afwesige vertoning,
my repertoire verskonings

Dit wat my betaam, my swerwersbetaan
'n lekhart vir die somerkwartaal
'n soendood, dit wat oor my lewer loop

Dit wat my betaam, my swerwersbetaan
'n lekhart vir die somerkwartaal
'n soendood, dit wat oor my lewer loop

Hyg, jaagduiwel, hyg
Report lyrics