.

Nare Kaskenades (feat. Arno Krüger) Lyrics

Veronderstel, ek word spyt
en dis als verniet
'n beroerte wag op my
as ek kon kies sou ek niks besluit
en ek sou dit kies
sonder om my oë toe te knyp
waar's jy dan
dis waar, jy gaan.

Bitter min
bitter mooi
sonder trane
jou hoofstuk voltooi,
en in die nare kaskenade
gly jy net verby
gly jy net verby

die aardbol respereer
die oseaan
tot in vervelens
al na mekaar gestaar
blou in die gesig,
lig in die broek
hart, hard op soek
waar's jy dan
dis waar, jy gaan.

Bitter min
bitter mooi
sonder trane
jou hoofstuk voltooi,
en in die nare kaskenade
gly jy net verby
verveelde ure onder
die Afrika son,
oranje pakke afge-ets in heuwel,
die snelweg wat blom
en Bitter min
bitter mooi
sonder trane
jou hoofstuk voltooi,
en in die nare kaskenade
gly jy net verby
gly jy net verby
gly jy net verby
gly jy net verby
Report lyrics