.

Mooiweer en warm Lyrics

Almal het iets om te drae
'n kruis, 'n frons,'n wonderbra
'n sakdoek nat met ou verdriet
Of'n halssnoer uit onthou gegiet
'n graf,'n plaas,'n monument
'n tyd,'n plek,'n grys laMent
'n dagboek vol selfverwyt
of 'n rugsak met die inhoud kwyt

Maar vandag is dit mooiweer en warm
Vandag is die lewe'n lied
Voel die son op jou skyn, laat die sorge verdwyn
Want dis mooiweer en warm by my
Verlore nommers en adresse
Vergete prinse en prinsesse
Die verkeerde lotto nommers: 36, 34, 32
'n boord gevul met brommers

Al die boeke wat verdwyn het
Drome wat gekwyn het
Spieëls wat oudgeword het
En almal wat tekort het
Minnaars wat verdwyn het
Drome wat gekwyn het
Spieëis wat oudgeword het
En almal wat tekort het

Almal het iets om te dra
'n Kruis,'n frons, 'n wonderbra
'n sakdoek nat met ou verdriet
'n halsnoer uit onthou gegiet
Report lyrics