.

Kerse teen die donker Lyrics

Sy grendel die deure
Hang haar jas op
Klim uit haar stiletto's
Hoor haar hart klop
En hard klop die stilte
Die stilte bal vuis
En stilte word magtig
In 'n leë donker huis

Gestroop van grimering
Gestroop van gesig
Sit sy op die rusbank
En wens sy kon vlug

En sy brand kerse teen die donker
Kerse, groot en klein
Kerse teen die ou verdriet
Kerse teen die pyn
Hul moes die grendels oopbreek
Sirenes het gelui
Die brandweer het gesukkel
Om toegang te verkry

Hul vind haar op die rusbank
'n vuur gevang in smart
Om haar 'n duisend kerse
Eens kleurvol, nou pikswart
Niemand by haar begrafnis
Net 'n man geklee in blou
Die ondernemers het gewonder
Hoe hy verbind was aan die vrou

Die man in blou het niks gesê
Net lelies op haar graf gelé
En weggeloop met al sy leed
Na wie weet waar, sal God net weet
Report lyrics