.

Boord van woorde Lyrics

Sy plant haar woorde in die grond
Sy lei dit nat met trane
Sy hang haar woorde in die wind
Gooi haar woorde na die son
Strooi haar woorde oor die see
Wie sal hoor
Wie sal hoor
Wie sal hoor
In die boord van woorde

Sy skreeu haar woorde vir die nag
die sterre het ore
Sy vang haar woorde in haar net
Slyp haar woorde teen die rots
Sy bak haar woorde in die vuur
En die noordewind kom
En haar woorde waai ver
Haar woorde word saad
Die saad word 'n ster
En sterre verskiet
In die boord word weer woorde gebore
Sy pluk haar woorde in die boord
Sy pak hul in haar mandje
Sy vleg haar woorde in 'n krans
Poets haar woorde met fluweel
Dra haar woorde soos 'n kroon
Report lyrics