.

Ek loop die pad Lyrics

Ek loop die pad al lank, my lam
so kaalvoet deur die kou
van doeriekant se doringveld
en kyk hoe lyk ek nou
Ek loop die pad so sonder hoed
deur son en wind en grou
so kaalvoet op die slingerpad
en kyk hoe lyk ek nou

My lam, die gras is soms so groen
die son is soms so lou
maar ek loop hierdie pad alleen my lam
en kyk hoe lyk ek nou
Onthou jy nog hoe ons kon loop
so loslyf en verspot
so vlieg - vlieg oor die koppies heen
'n Ragab en 'n Lot

Maar nou loop ek alleen, my lam
so kaalvoet deur die kou
en soms, net soms, dan wonder ek
my lam, waar is jy nou
en soms, net soms, dan wonder ek
my lam, waar is jy nou?
Report lyrics
Huisgenoot - Legendes Vol 1 (2006)
Dis reën dis wind dis water Dis 'n land Ou Ryperd Kronkelpad Beloftes Een druk en een soen Wie sal kom nagsê Witbroek Ek loop die pad Ballade vir n 'n enkeling Haai Casanova Boetie sy's 'n perkeblom Jy is my liefling Was ek maar 'n digter Onder in my whiskeyglas Liewe Lulu Dankie Ver in die ou Kalahari Trein na Pretoria