.

Foto 1974 Lyrics

Hier staan ons mooi gerangskik netjies ry op ry
In reentien vier en sewentig, ons was lonk en bly
'n Matriekklas in 'n skooisaal, die toekoms het gewink
ons was die uitverkorenes, ons oè het geblink
Die meisies, w***e bloesend, met strikke in die hare
Die meikbaardseuns vol drange, ryp soos koringares
Muurblomme en seksbomme, die bang gays in die kas
Eendjies eendjies op 'n ry - van vér af nommerpas

Ons leuse was handhaaf en bou
Ek wonder waar is al die eendjies nou
Handhaaf ons, bou ons
Waar's die dinge heen
Ek sit hier met 'n foto
My dae word alleen
Waar is al die jong seuns wat hier op die foto staan
Ek was al weer te besig om reunie toe te gaan
Was hul kanonvoer in Angola of staan hul nou op straat
Of het hul, soos baie reeds die Suiderland verlaat?

En die meisies met die vlegsels, wáár is die blomme heen?
Gepluk, verruk, gelukkig of geskei en sielsalleen?
En die kinders uit hul skote, teen dié tyd groot en vry
Werk hul nou in Londen, in Sydney of Taiipei?
Ons leuse was handhaaf en bou
Ek wonder waar is al die eendjies nou
Handhaaf ons, bou ons
Waar's die dinge heen
Ek sit hier met 'n foto
My dae word alleen

Eendjies, eendjies, stap in 'n ry
Een twee drie vier gaan hul verby
Links regs links regs kyk hoe mak
Reguit dam toe
Kwak kwak kwak
Report lyrics