.

Praat Met My Lyrics

Jou liefde is so kosbaar, sal dit ooit vergaan
Alles het verander, toe jy voor my kom staan
En hoe ek net geweet het, dat ek en jy kan hou
Maar nou moet jy onthou
Ja ek het my f***e, maar jy moet net verstaan
Met jou is alles anders, die wêreld kan vergaan
As jy my roep is ek daar, ons loop die pad mos saam
Al wat ek vra, is praat met my

Praat met my, ek wil jou verstaan
Praat met my, sê as iets jou pla
Praat met my, ek weet nie hoe jy voel nie
Sê vir my sê my waar jy staan

Jy kry nie soms die kaarte, wat jy so graag wil hê
En jou trane kom dan later, wat gaan jou hart dan sê
En blindelings probeer jy dan om jou hartseer weg te steek
Jou hart wil breek, praat met my
Praat met my, ek wil jou verstaan
Praat met my, sê as iets jou pla
Praat met my, ek weet nie hoe jy voel nie
Sê vir my, sê my waar jy staan

Waarvoor is ek daar as jy nie in my kan vertrou
Weet jy hoe verkeerd dit is vir die liefde wat ons bou
Is jy in of is jy uit, besluit dit nou, besluit dit nou
Besluit dit nou
Praat met my, ek wil jou verstaan
Praat met my, sê as iets jou pla
Praat met my, Praat met my
Sê vir my, sê my waar jy staan

Praat met my, ek wil jou verstaan
Praat met my, sê as iets jou pla
Praat met my, Praat met my
Sê vir my, sê my waar jy staan

Sê vir my, sê my waar jy staan
Report lyrics