.

Kom Lê Vanaand Hie' Langs My Lyrics

Groot bruin oë, wat my dood wil kyk.
Met 'n gladde nat vel, my gedagtes wyk.
Want my kop trek skeef as ek na haar staar.
Ek weet sy d*** ek's gemaak vir haar.
My hande sweet, hoe sal ek vaar.
As ek my kans nou vat en ek sê vir haar.
Kom lê vanaand hie' langs my, ek wil jou by my hê.
Ek sal nie stokkies draai nie, ek sê wat ek wil sê.
Kom lê vanaand hie' langs my, my bene raak skoon lam.
Jou kyk verklap dit alles, en jy werk met 'n plan.

Sy't my mooi sien kom, en sy weet ek werk.
Sy vat al my geld, maar sy's elke sent werd.
Sien sy's hopeloos te mooi vir 'n ou soos ek.
Daai sag rooi lippe soen my op die bek.
Ek dog ek staan toe't ek klaar geval.
En ek smile so breed want sy't gesê sy sal.
Kom lê vanaand hie' langs my, ek wil jou by my hê.
Ek sal nie stokkies draai nie, ek sê wat ek wil sê.
Kom lê vanaand hie' langs my, my bene raak skoon lam.
Jou kyk verklap dit alles, en jy werk met 'n plan.

Instrumenteel

My gedagtes dwaal na my meisie se oë.
Hoe ry die boere sit, sit so.
Ek sing vir haar 'n liedjie maar sy sê ek sing sleg.
En toe sy my weer soek, toe is ek weg.

Report lyrics