.

Verjaarsdaglied Lyrics

Verjaarsdaglied

Veels geluk liewe maatjie
Omdat jy verjaar

Mag die Here jou seën en

Nog baie jare spaar

Kom ons drink nog 'n bottel

En ons huil na die maan

En ons dans sonder sorge

Op hierdie vulkaan

Want hierdie land is nie die hemel

En al kak ons soms af

Ons sal kuier tot die einde

Ons sal sing tot in die graf

Moenie huil nie
Moenie treur nie

Daar's 'n nuwe dag voor elkeen wat jy verloor

Moenie huil nie

Moenie treur nie

Kyk noord

Gaan

Voort

Daar's elke dag weer koerante
Wat ons stories vertel

Van korrupsie en misdaad

Wat ons almal ontstel

Ja die herder het die land hier

Vir 'n ruk sommer gelos

En nou loop ons soos skapies

In die nag verlore in die bos

Maar vandag skyn die son

En die berge lê blou

En jy moet weet daar's baie mense

Baie lief vir jou
Report lyrics