.

Jou land Lyrics

Jou Land

Ek is 'n vreemde hier
Ek het my land gelos

Ek het jou pad gekruis

Ek het jou spoor gevolg

Jy het gesĂȘ gaan terug

Moenie op my vertrou

Maar jy is 'n deel van my

Hoe kan ek sonder jou

En ek weet

Die toekoms is onseker

En die donker is digby

En ek weet ons wag 'n lang reis

Reg deur die woestyn

Maar jou land is my land

Jou volk is my volk

Jou taal is my taal

Jou God is my God

Jou droom is my droom
Jou pad is my pad

Jou toekoms my toekoms

Jou hart is my hart

Ek weet jou volk is bang

Vir ons wat anders is

Maar ek sal brugge bou

Daar waar die afgrond is

En ek sal terugverlang

Wanneer die wind sal waai

Wat uit die suide kom

Van my geboorte grond

Maar ek sal sterk wees
En ek sal oorleef

Want ek wil naas jou staan

Al sal dit moeilyk wees

Maar jou land is my land

Jou volk is my volk

Jou taal is my taal

Jou God is my God

Jou droom is my droom

Jou pad is my pad

Jou toekoms my toekoms

Want jy is my dag en nag

En jou huis is my huis

Jou angs is my angs

Jou stilte my stilte

Jou land is my land
Report lyrics