.

Swartvrou Lyrics

Sy's 'n swart vrou van die Ooskaap

Wat getrek het na die stad
Lank gelede ver van huis

En die lewe was soms hard

Twee kinders met 'n man

Wat haar gelos het en verdwyn

Maar sy het nooit ophou sing

Al het sy swaar gekry

Izaninonke Sikulele

Sikule ingomenemandi

Ek is 'n witman van die noorde

Ek het gereis na hierdie land

Ek het my toekoms hier gevind

En 'n hawe vir my hart

En 'n horison van woorde
En 'n wêreld vol musiek

En 'n swartvrou uit die Ooskaap

Wat my geleer het om te sing

Izaninonke Sikulele

Sikule ingomenemandi

Die wêreld is mal

En die vrede is ver

Maar daar is altyd nog iets

Waarvoor ons kan veg
Want die liefde is daar

En ons is nog hier

En ons het deur die tyd

Die gevolge gesien

Van die angs vir die ander

Die wit en die swart

Maar al wat hier saak maak

Is die kleur van die hart

En ek weet daar's geweld

En die haat maak ons blind

Maar ek glo in die swartvrou

Wat my het leer sing
Report lyrics