.

Krisjan Swart Lyrics

Bokant die stasie
Daar woon Krisjan Swart
Tussen die spoorweg
Ennie nasionale pad
Op die muur van sy stoep
Hang die horings van 'n bok
In sy agterplaas groei 'n perskeboom
Langs 'n groot ou duiwehok
Op daai duiwe is hy trots
Hulle maak sy hart so bly
Die silwer bekers op sy pelmet
Staan so in 'n ry
Ja hy is Krisjan Swart
Hy's wyd en syd geken
Vir sy duiwe wat so vinnig vlieg
En pryse vir hom wen

Krisjan se vrou
Is lekker rond en vet
In haar hare dra sy curlers
In haar mond 'n sigaret
Pantoffels aan haar voete
Kook sy moskonfyt
Met haar een oog op die tuinjong
Wat die agterplaas natspuit
Op daai vrou is hy so trots
Sy maak sy hart so bly
Al is sy nie jonk nie
Kan sy nog lekker vry
Ja sy is Wilmina Swart
Hulle ken haar wyd en syd
Vir haar melktert en mosbolletjies
Haar beroemde boerbeskuit
Krisjan se dogter
Is met 'n prokureur getrou
Hy't vir haar 'n groot wit huis
In Riebeeckpark gebou
Die kaggel in die sitkamer
Is mooi met klip versier
'n Skildery van Tafelberg
Hang ook daar teen die muur
Op daai dogter is hy trots
Sy maak sy hart so bly
Al is sy nie mooi nie
Het sy haar man gekry
Sy is Johanna Swart
Vrou van die prokureur
Haar lippies en haar vingernaels
Is dieselfde bloedrooi kleur
Krisjan se seun
Is lekker fris gebou
Maar sy stem is 'n bietjie hoog
En sy broek is 'n bietjie nou
Sy hare dra hy lank
En hy speel ook die kitaar
Krisjan vra sy vrou:

Waar kom die seun vandaan?
Op daai seun is hy nie trots nie
Hy maak sy hart so seer
Kan ek tog sy pa wees
Wil Krisjan redeneer
Ja hy is Krisjan Swart
Hy't ook sy pa se naam
Maar sy hare en sy kitaar speel
Maak sy pa so skaam

Bokant die stasie
Daar woon die Swart gesin
Krisjan drink net brannewyn
Wilmina drink net gin
En hulle sit daar op die stoep
In die skemerlig so flou
Hulle kyk hoe vlieg die duiwe
Sirkels teen die blou
Report lyrics
2012 'n Dekade Plus Twee Van Afrikaanse Treffers, Volume 4 (2012)
Hemel of Tafelberg Julia Net Oor Jou Jantjie Pieterse Sjoe Eindeloos Deur Jou Vingers Val Halley Se Komeet Jessica Sewe Soene Groen Trui Jou Skaduwee Waar Victoria Baai Droomverlore Vlug 101 Stupid Liedjie Bicycle Sonder Slot Diep Spore 3 Susters Van Drie Susters Bring Jou Hart Papsopwinterwaternat Die Lekker Ou Wals My Hele Hart Ek Onthou Liefling Moet My Nie Los Nie Spore in Die Lug Ek Val Vir Jou Vat My Hoër Krisjan Swart Partykeer Engel Blomme Op My Skape Verf 30 Dae in Die Somer Mamma Pappa Vasgevang in My Liefdesoldaat Dit Is My Lewe Fototjie