.

Halley se komeet Lyrics

As ek net meer kan droom
Van die wind in die takke
Van die ou wilgerboom op die plaas
Ek sal alles verruil om weer Sondag na kerk
Saam met Remi te huil vir oulaas
Koor:
Ek wens ek sien weer vir die eerste keer die suiderkruis
Ek wens my oupa kan weer Halley se komeet uitwys
Soos 'n kindjie na 'n kinderbybel prentjie kyk
Wil ek vir oulaas weer die stofreen op die grondpad ruik
Kan Pinocchio a**eblief nou uit daai walvis klim
As Heidi se oupa net sy snor wil trim
Ek wens ek kan Neels Holgerson laat beter voel
Ek wens die reen wil weer die grondpad op die plaas verspoel
Mamma kook vir ons bokmelk vanaand
Smelt vir ons kaas in die pan
Vertel vir my weer hoe kry Heidi so seer
En waar kom Tautau vandaan
As ek net weer kan glo
Soos 'n kind kan vertrou
Daar is engele daar bo wat ons bless
As ek net weer kan kyk
Hoe die vlei begin loop
En hoe jou mielies weer mooi lyk John West
Koor:

Is Remi se apie dan dood
Of speel hy nogsteed toneel
Pa is Nonna al terug
Is dit reen in die lug
Of het ek myself weer verbeel

Koor:

Woorde en musiek: Robbie Wessels
Tabber: Werner Frost
Report lyrics
Halley Se Komeet (2006)
Halley se komeet a**eblief my lief Die Cheetah song Angeline Hartswater Skinnidip Leeuloop Aan jou van my Lorrie drywer Selftan lotion (Live) Staan terug vir die manne in wit Sewe velle Lyah (Gedig) Die man van die parkie Halley Se Komeet (Akoestiese weergawe)