.

Jantjie Pieterse Lyrics

Kan ek jou vertel, van die storie van my pel
Hy's die middelkind van drie, waar hy bly is daar nie teerpad nie
Hy ken van grondpad loop, na die padstal vir hul brood
Van melk haal by die boer as hy sy hout aan hom verkoop
Refrein:
Jantjie Pieterse my pel van die platteland
Hy ry met die donkie om sy sussie by die skool te haal
Jantjie Pieterse in eenvoud voer jy jou bestaan
Ek kyk na jou en ek wonder waaroor die lewe gaan
Kameraadskap, liefde en vertroue vind ek in jou Jantjie
Jy wat weet van swaarkry as die wintermaande nader kruip
Ouboet vry die meisies, maar jy moet by die huis wees
Om na jou ma te kyk omdat jou pa net daar in gees kan wees

Refrein

Dan staan ek by myself en kyk, watter lewe maak mens ryk
Een van tyd en geld, of dalk die een van Jantjie in die veld
Refrein

Woorde & Musiek: Janita Burmeister
Report lyrics
Deur Die Straights (2004)
Die Hysbak Song Bicycle Sonder Slot (Koos Kombuis) Saartjie Van Biesiesvlei Deur Die Straights (Anton Myburgh) Jantjie Pieterse Rooi Son En Tequila Valerie (Koos Kombuis) Ek En Jy Jantjie Van Die Berge Dalk 'n Boerseun Rooi Satyn Suburban Bliss Krisjan Swart Hillbrow met Theuns Jordaan (Johannes Kerkorrel)