.

Wintersprokie Lyrics

'n Winter herhaal hom
Na ses, sewe jaar
'n Wysie wat spook
Op 'n stokoue snaar
Jy probeer dit verduidelik
Probeer dit besweer
En jy d*** jy verstaan dit:
Wel, die dinge gebeur
Die wind van die berg af
Laat die dakplate kreun
Vieruur in die môre
In die triestige reën
So maak ons liefde
So leef ons weer
En dan neem ons afskeid
Tot die volgende keer
Dai da da da dai...

Ek wens ek was by jou
Daar waar jy nou bly
Maar nou ja, jy's so ver
En die tyd vlieg verby
Vertel my van liefde
Ek leer soos 'n kind
Want my hart is deur die jare
Se kalklig verblind
Dai da da da dai...

Soms so onseker
Soms selfvoldaan
Liefde weet beter
Die hart sal verstaan

Dai da da da dai... x 2
Report lyrics
Die Mense Op Die Bus (1999)
Die stout kat Millenniumliedjie Vanaand se maan Die mense op die bus Die skoene moet jy dra Hulle sê Lied van die lappop Die kinders sing saam Sonvanger Jakarandastrate Bitterbessie dagbreek Song of the trains Wintersprokie Winter Die mense op die bus (Flugelhornsolo)