.

Winter Lyrics

Die wêreld word weer deinserig
Die son se ronde-rooi-lemoen
Is afgeskil, skyn wit-oranjerig
Deur die gekaasdoekte seisoen
Die berge lê gebalsem, rug-aan-rug
Soos reuse dwerge, boggelrig gekis,
Bome bedien met skemer stug
Soos monnike die romerige mis
Alles word geheilig, kom tot rus
Die weerhaan op die kerktoring
Skrop nes, die sterre word geblus

Iewers aan die verste kus
Maak God in sy vakansiewoning
Die gordyne dig, gaan slaap gerus.
Report lyrics
Die Mense Op Die Bus (1999)
Die stout kat Millenniumliedjie Vanaand se maan Die mense op die bus Die skoene moet jy dra Hulle sê Lied van die lappop Die kinders sing saam Sonvanger Jakarandastrate Bitterbessie dagbreek Song of the trains Wintersprokie Winter Die mense op die bus (Flugelhornsolo)