.

Houvrou Lyrics

Sy slaap met gebalde vuiste teen die aanslag van die nag
Die kussings het sy lyf geword wat in die donker vir haar wag
Sy leef taamlik eenvoudig - twee katte en 'n hond
En die man wat haar soms liefhet as dit sag word om sy mond
Koor:
Dis wanneer ek gaan lê, my lief
Dis wanneer ek gaan lê
Dat alles in my honger lyf
Jou arms hier wil hê

Smôrens maak sy huis skoon
Kyk na die sepie op TV
En saans berei sy ywerig
'n Klein buffet vir twee
Sy stap soms deur die winkels
En droom sy was skatryk
Dan sou sy daardie rok kon koop
En vir hom so mooi kon lyk
Koor:
Dis wanneer ek gaan lê, my lief
Dis wanneer ek gaan lê
Dat alles in my honger lyf
Jou arms hier wil hê

Sy weet sy moet dit stopsit
Sy weet sy speel met vuur
Waar gaan dit alles eindig
Hoeveel kan sy verduur
Hy sê sy moet geduldig wees
Sy vrou is sensitief
Hy sal haar eersdaags inlig
Hy werk nog aan die brief
Koor:
Dis wanneer ek gaan lê, my lief
Dis wanneer ek gaan lê
Dat alles in my honger lyf
Jou arms hier wil hê
Report lyrics