.

d***ie se lied Lyrics

d***ie is skaars dertien
Sy maak haar lippies rooi
Sy't lankal al haar lappop
Op die ashoop weggegooi
d***ie rook 'n camel
Sy skink 'n glasie wyn
Sy sê dit maak die stemme stil
Al proe dit soos asyn
Koor:
En d***ie sê sy's eensaam
d***ie sê dis laat
d***ie sê dis tyd dat ek weer huistoe kom en praat
Oor dinge wat verby is
En dinge wat gebeur
Die dinge wat op loer lê
Net buitenkant haar deur

d***ie suig op veertien
Soet dagga uit'n pyp
Sy dans alleen vir niemand
Haar mond is oop en ryp
d***ie staan op agtien
Verwese in die straat
Sy's uitgeleef en deurmekaar
Sy bly aanhoudend praat
Koor:
En d***ie sê sy's eensaam
d***ie sê dis laat
d***ie sê dis tyd dat ek weer huistoe kom en praat
Oor dinge wat verby is
En dinge wat gebeur
Die dinge wat op loer lê
Net buitenkant haar deur
Net d***ie sien die ou man
Net d***ie hoor hom roep
Sy's tien jaar oud
En hardloop weg
Vir sy hande op die stoep
Iemand het 'n lappop
Op die ashoop weggegooi
Sy was gedaan en stukkend
Geskeur en nie meer mooi nie
'n traan loop oor haar lappopwang
Want dit begin te reën
En daar lê sy ou lappoppie
Op die ashoop so alleen

d***ie drink op twintig haar laaste bitter pil
Haar arms om 'n teddiebeer
Haar lyk is jonk en stil
Report lyrics