.

Engel Met 'n Angel Lyrics

Sy was 'n engel met 'n angel in 'n swart limousine
Verslaaf aan rock 'n roll en aan nikotien
Sy't 'n chaffeur en 'n lyfwag en 'n huisie by die see
'n Shrink wat na haar luister en pille vir haar gee
Soms klop sy aan my hart met 'n venster in haar hand
Sy lok my met 'n kitaar na die ander kant
Ek klim deur haar palm, sy gooi die poorte oop
Ek leen vir haar my siel, my siel is nie te koop

Koor:
En sy ry vinnig
Sy ry te vinnig vir my
Sy ry te vinnig
By die rooi ligte verby

Haar oë kan jou hart breek, haar woorde kan jou wond
Maar die klanke uit haar blink kitaar maak alles weer gesond
Jy glo haar as sy sê sy sal vir altyd by jou bly
Jy volg haar blindelings om net nog 'n fix te kry

Jy sidder as jy sien hoe haar vlerke begin brand
Sy skakel oor na vyfde rat, dan los sy jou hand
Jy trek deur die lug, jy land op die grond
Die bloed op die teerpad is die bloed uit jou mond
Koor:
En sy ry vinnig
Sy ry te vinnig vir my
Sy ry te vinnig
By die rooi ligte verby

Jy soek haar in 'n bottel, jy soek haar in die stad
Jy soek by elke stasie langs die nasionale pad
Niemand kan jou help nie, niemand ken haar naam
Jy weet sy sal weer terugkom na jou vensterraam
Jy weet sy sal weer terugkom na jou, na jou, na jou vensterraam

Koor:
En sy ry vinnig
Ja, sy ry te vinnig vir my
Sy ry so vinnig
Sy ry so vinnig vir my
Sy ry te vinnig
Sy ry vinnig
Sy ry te vinnig
By die rooi ligte verby
Ek wens ek was 'n engel in 'n silwer limousine
Ek sal doen wat ek moet doen tot ek haar weer kan sien
Ek sal haar soek deur die heelal tot ek haar uiteindelik kry
Ek wil die angel uit haar hart haal sodat sy kan vrede kry
Ek wil die angel uit haar hart haal sodat sy, sodat sy, sodat sy kan vrede kry

Koor:
En sy ry vinnig
Sy ry te vinnig vir my
Sy ry so vinnig
Sy ry te vinnig vir my
Oh sy ry vinnig
Sy ry te vinnig vir my
Sy ry vinnig
Woahohhohohoho
Report lyrics
'n Rugsak Vol Robyne (2005)
Silwer Somer Hooglied Ons Kan Laatlê Vrou By Die Spieël Liewe Maan Ek Het Gedroom Cry If You Want To Die Taal Van My Hart Engel Met 'n Angel Strydom / Amandla Brille En Pille Blues Ndiyakholelwa (Ek Glo)