.

Ek Het Gedroom Lyrics

Ek het gedroom,
Jy't opgestaan
Uit jou dood
En aan my deur kom klop
Soos altyd
Met blomme, wyn en brood
Jy se ek moes net vinnig wegkom
Jy maak die bottel oop
Ek is jammer oor die drama
Maar dis die pad wat ek moes loop

Jy gaan sit
Op die rusbank
En glimlag verlee
My mond is droog,
My hande beef,
As ek die glasse vir jou gee

Het jy enige idee
Hoe ons gevoel het met jou dood
Jy was selfsugtig, jy was wreed
Jy se Miss Mandy,
Sny die brood

Koor:
En so hard soos ek probeer
Kan ek nie uit die droom ontsnap
Ek se vir God, Meester
Hierdie droom is 'n siek grap
Maar hier sit ons op my rusbank
En jy kyk my in die oe
En jy se ek moet vir altyd
In die liefde bly glo
Jy se ek moet vir altyd
In die liefde bly glo
Mmm

Ek sny die brood, skink die wyn
Sit die blomme in 'n pot
Terwyl jy giggel oor die knipsels
Uit die Beeld en die Rapport
Daar's meer se ek
Lees Marie Clare,
En die Huisgenoot
En "Looknet" het ontplof
Met huldeblyke na jou dood

Van Amsterdam tot Sydney
Is daar oor jou gerou
En RSG speel sedertdien
Elke dag 'n lied van jou

By 'n uitstalling in Oudtshoorn
Oor jou lewe en jou werk
Het die mense kom kyk en huil
Dit was heilig, soos 'n kerk

Koor:
En so hard soos ek probeer
Kan ek nie uit die droom ontsnap
En ek se vir God, Meester
Hierdie droom is 'n siek grap
Maar hier sit ons op my rusbank
En jy kyk my in die oe
En jy se ek moet vir altyd
In die liefde bly glo
Jy se ek moet vir altyd
In die liefde bly glo
Mmm
Dan sit jy jou bord neer
En le jou kop my skoot
Jy se moenie hartseer wees nie
Ek is nie regtig dood

Solank jy my onthou
Sal ek lewe in jou kop
En net jy kan besluit
Om die herinnerings te stop

Miss Mandy, onthou jy
Hoe't ons Saterdae geloop
Deur Hillbrow se strate
Ons was jonk en so vol hoop

En onthou jy die pub lunch
In die Chelsea Hotel
Ons het die slegste bord
Vis en chips op aarde bestel

En jou gesig begin verdoof
In die strale van die son
En waar jy op my skoot gerus het
Le 'n blou ballon

En ek weet dat jy moes terugkeer
Na die ander kant
Waar jy altyd jonk en vry sal wees
En die lewe jou nie brand
Waar jy altyd jonk en vry sal wees
En die lewe jou nie brand
Mmm
Report lyrics
'n Rugsak Vol Robyne (2005)
Silwer Somer Hooglied Ons Kan Laatlê Vrou By Die Spieël Liewe Maan Ek Het Gedroom Cry If You Want To Die Taal Van My Hart Engel Met 'n Angel Strydom / Amandla Brille En Pille Blues Ndiyakholelwa (Ek Glo)