.

Jou Asem Lyrics

Die eerste keer toe ek my kry
Stap jy woordeloos deur my verby
Jou ysblou oë kyk regdeur my
Die eerste keer toe ek jou sien
Weet ek ons is aanmekaar gebind
Tussen lyne sal jy my vind

Koor:
Wanneer die oseane rus kry
Wanneer die storms weer gaan lê
Dan sleep die winde oor die water
Jou asem sag
En later, later
Hoor ek weer jou naam
En later, later
Weet ek jy verstaan

Met 'n hart van staal het ek jou kom haal
Jare later voltooi dit ons verhaal
Ons praat mekaar se taal
Elke uur wat ons verspeel
Lê die tyd en wag dat ons dit deel
Die sirkel wat ons dit heel

Koor:

Sy roep na my
Die engel wys waar ek haar sal kry
Sy vra na my
In 'n droom waar ek haar kry
Hoor ek my naam in haar gebed
My naam weerklink in haar gebed
In stilte sal ek jou vashou
Sonder ophou, totdat jy onthou
Hoeveel ek van jou hou

Koor:

En later, later
Hoor ek weer jou naam
En later, later
Hoor ek weer jou naam
En l-a-t-e-r
Hoor ek weer jou naam

Woorde & Musiek: Theuns Jordaan
TAB: Jean van Biljon
Report lyrics
Seisoen (2005)
Jou Asem Hillbrow Skadu In Die Nag Namibsroos Ek roep jou naam Stofpad Praat Is Te Laat Wie weet Donkerpad Bietjie Van My Huise Van Glas Jukebox Medley Groet Sonder Woorde