.

Huise Van Glas Lyrics

Kyk die mense in die strate, dokters, staats-amptenare
Almal dra geheime in die mou
Soos papier poppe op kaarte, word ons leeg sonder harte
En daar's niemand wat 'n ander meer vertrou
Koor:
Waarom sien ons die splint in 'n ander een se oog
En staar ons altyd blind in die van ons
Selfs die Son wat daar skyn, gee aan almal deel van hom
O moet nie oordeel nie, en wys nie 'n vinger nie,
Ons almal woon in huise van glas
Kyk die nuus in die koerante, oordeel van alle kante.
Is daar dalk 'n skuldgevoel wat skuil
En die mense praat en skinder, oor die dinge wat hul hinder
Maak nie saak wie huil nie, dis die styl.

Koor

SĂȘ my waar is die broeder liefde, dalk gesteel deur die nag diewe
Al wat nou nog oorbly, is verwyte en kritiek
Koor

Woorde & Musiek: Theuns Jordaan
TAB: Juan White
Report lyrics
Seisoen (2005)
Jou Asem Hillbrow Skadu In Die Nag Namibsroos Ek roep jou naam Stofpad Praat Is Te Laat Wie weet Donkerpad Bietjie Van My Huise Van Glas Jukebox Medley Groet Sonder Woorde