.

Hakieshart Lyrics

Ek sien dit lankal aankom
Maar my hart verklaar my stom
Sy snare in die reën trek krom
Want krakies kraak
Al is hul goed vermom
REFREIN:
Want 'n gaaitjie wat lek word 'n gat
'n Storm in 'n wynglas sal spat
Nou's my spore net stof langs die pad
Want die hakies aan my hart is te swak
Ja, die hakie aan my hart is te swak

Elke keer het ek gedink dit sal kwyn
Maar die ligte het net rooier geskyn
En die hoop het met die kere verdwyn
Want my hart het ook maar 'n buitelyn
Nagte dwaal ek in die strate rond
Wat het dan van ons geword ?
Ek wil luister met 'n leë mond
Soekend na, met 'n plekkie vir my woorde stom

REFREIN
2de REFREIN:

Want 'n gaatjie wat lek word 'n gat
En oorvol wynvate stap
Nou's my spore net stof langs die pad
Jy't die hakies aan my hart losgehaak
Jy't die hakies aan my hart saamgevat

Woorde & Musiek: Theuns Jordaan
TAB: Stefan van Zyl
Report lyrics
Vreemde Stad (2001)
Klein Verbond Onthou Jy Nog Skipskop Makiesakie Beautiful in Beaufort-Wes Sonvanger Visserman Skielik Is Jy Vry Vreemde Stad Lalie Hakieshart Sien Jou Weer Loslappie Mengelmoes Liedjieboer Mengelmoes