.

Pretoria Lyrics

So stadig loop ons deur die pers Jakaranda`s wat val, die bome word kaal.

Pa staar na die beeld van ou Botha wat reis op sy perd, hy wonder was bloed soveel werd.
Soveel jare dra hy aan die naam van `n plek

Soveel jare moet ons nou laat gaan...

KOOR:

Pretoria , jy was nog altyd daar

Want jy le in my kluis, ek noem jou my huis

Ek vergeet nooit jou naam

Pretoria , wat as my kind my vra

Is die naam dan so erg, so bitter en sleg?

Hoekom gooi jul dit weg?

Genadig, staan ons by Oom Paul op die plein en voel klein, God het ons bewaar.

Maar stadig loop trane so stil deur my Moeder sy vra, en wonder was ons dan niks werd.
Soveel jare dra sy aan die naam van `n plek

Soveel jare moet ons nou laat gaan...

KOOR:

Pretoria , jy was nog altyd daar

Want jy le in my kluis, ek noem jou my huis

Ek vergeet nooit jou naam

Pretoria , wat as my kind my vra

Is die naam dan so erg, so bitter en sleg?
Hoekom gooi jul dit weg?

BRUG:

En ek weet dat die land moet bestaan, almal saam

Maar dit maak soveel mense seer...as al daai ou name vergaan...

KOOR:

Pretoria , jy was nog altyd daar

Want jy le in my kluis, ek noem jou my huis

Ek vergeet nooit jou naam

Pretoria , wat as my kind my vra

Is die naam dan so erg, so bitter en sleg?

Hoekom gooi jul dit weg?
Report lyrics
Vergeet My Nie (2007)
Pretoria Bel, Bel, Bel!! Jy Soen My Nie Meer Nie Boerevry Los My Nie Alleen Nie Vergeet My Nie 'n Vrou Staan by Haar Man Somerreën Ek Kom Huis Toe Jolene Will You Be There in the Morning Belinda Carlisle Medley - a) Heaven Is a Place on Earth b) Leave a Light on for Me c) Little Black Book d) We Want the Same Thing I Will Always Love You