.

Jy Soen My Nie Meer Nie Lyrics

Ek kan onthou hoe jy by my pas
Ek kan onthou hoe perfek dit was
Maar ek soek nou na jou
En my hart voel rou...
Ek's goed genoeg as dit vir jou pas
Maar skuins na twaalf word ek net 'n las
En dit maak my so seer
Wanneer sal ek ooit leer?

Want jy soen my nie meer nie
(soen my nie meer nie)
En ek mis hoe dit was
(mis hoe dit was)
En jy maak met my hart soos klei
Dis die skoen wat jou pas

Hoe kyk 'n mens deur jou hart se lens
Kyk en probeer alles reg te wens
As ek weet dis te laat
Hoe volg ek my eie raad?
Want ek's nou gebreek alles net oor jou
Voel jou mes in my steek het jy geen berou?
Eendag sien ek jou weer
Voel jy ook nou die seer?

Want jy soen my nie meer nie
(soen my nie meer nie)
En ek mis hoe dit was
(mis hoe dit was)
En jy maak met my hart soos klei
Dis die skoen wat jou pas
Was ek te koud vir jou harde lyf?
Was ek net moeg dat jy my so rondskuif?
Gaan kyk nou hoe leeg staan ons fotoraam
Want jy het jou kans laat verbygaan...

Want jy soen my nie meer nie
(soen my nie meer nie)
En ek mis hoe dit was
(mis hoe dit was) X4
En jy maak met my hart soos klei
Dis skoen wat jou pas
Report lyrics
Vergeet My Nie (2007)
Pretoria Bel, Bel, Bel!! Jy Soen My Nie Meer Nie Boerevry Los My Nie Alleen Nie Vergeet My Nie 'n Vrou Staan by Haar Man Somerreën Ek Kom Huis Toe Jolene Will You Be There in the Morning Belinda Carlisle Medley - a) Heaven Is a Place on Earth b) Leave a Light on for Me c) Little Black Book d) We Want the Same Thing I Will Always Love You