.

Onder Beheer Lyrics

onder mooi weer
onder beheer
nou is ek gelukkig
en onder beheer
ek het net vir oomblik vergeet
my hele lewe lank
al onder beheer
elke aand 'n nuwe begin
'n nuwe afdeling
'n blitskursus
in rusversteuring
ek sê nou
ons optrede was baanbreker
baanbreker werk
verseker
dis dalk beter dat ons so bly d***
miskien kan ons
die post depressie vryspring
ek werk hard aan my lag plooie
'n mengelmoes metamorfose
algehele wanbeheer

"d*** aan jou ouers voor jy ja se"

onder mooi weer
en onder beheer
onder mooi weer
nou's ek gelukkig
en onder beheer
ek het net vir 'n oomblik vergeet
my hele lewe lank al onder beheer
gisteraand was soos 'n aardbewing
grootskaalse verwoesting
ek kan nie als onthou nie
ons het letterlik
al die antwoorde
tot al die vrae besit
net in die binnekring
mekaar se lofsang sing
totaal wan aangepas tot die samelewing
enorme ontkoppeling
myself vergryp aan lokale verdowing
Report lyrics