.

Neem my op vlerke Lyrics

Jy sien die wêreld deur kinders se oë.
Hoef nie aan ander se twyfels te glo.
Jy is 'n boodskap 'n wese wat woordloos verstaan.
Jy is die laggende boog wat bly swewe.
Hoop wat soos son in my polsslag bly lewe.
Op trappe van lug loop jy sag, jou asem 'n wolk.
Stil soos die nag.

Neem my op vlerke engel, ek wil soos jy.
Op duisend reënboë dans net soos jy.
Neem my op vlerke engel, laat my verstaan.
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan.

Vanuit die poorte van jou wolkkastele.
Kom jy en waak oor die mense se treë.
Gestuur met beloftes verby ruimte, en tyd.
Sien jy die sterre skyn oor al ons sorge.
Voel jy nie lus vir vandag en vir môre.
Jy is die kneg van lewe, van sterwe en rus.
Net soos jy is .

Neem my op vlerke engel, ek wil soos jy.
Op duisend reënboë dans net soos jy.
Neem my op vlerke engel, laat my verstaan.
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan.
Is ek alleen.
Dan hoef ek net te vra.
En jy sal kom.
Jou vreugdesboodskap dra! ....

Neem my op vlerke engel, ek wil soos jy.
Op duisend reënboë dans net soos jy.
Neem my op vlerke engel, laat my verstaan.
Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan.

Om deur die wêreld met jou boodskap te gaan.
Report lyrics
Ek Wil Jou Ken (1999)
Neem My Op Vlerke Ek Wil Jou Ken Eerste Liefde Muskietejag Jy's 'n Dromer Luister Na Die Wind Sewe Dae Bly By My Aai Aai Meraai Groot Okavango Bitterbessie Dagbreek Jakaranda Jy