.

Moenie Lyrics

As my oë hul asem terug kry
En my wonder oor jou stilbly
As my voete weer hul plek kry
Sal my hart van voor af rus kry
Waar ek ookal afdraai
Moenie my laat verkoop nie
Waar ek ookal wegdraai
Moenie my alleen laat loop nie
Mag jou seile sagte wind kry
En jou son se strale vol bly
Mag jou arms weer hul sin kry
En jou oë se vensters heel bly

Waar jy ookal afdraai
Moenie trane oor my stort nie
Waar jy ookal wegdraai
Moenie liefde dors laat word nie.

Woorde & Musiek: Theuns Jordaan
Report lyrics
Tjailatyd (2002)
Soos Bloed Hanne Gesiggie Straat Troebadoere As Ek Vra Tjailatyd Hoe Draai Die Wind Dan Nou Moenie Vermiste Mense Alleen Sonder Jou Buitekant Waar Was Jy Laslappie