.

Kouevuur Lyrics

Die kole gloei soos vroeër aande,

maar die vuur brand in my kop
en 'n ysige wind skroei my hande

vas teen die beker met dop

En die ryp is 'n vlam om my voete,

maar die koue brand in my bors

en ekdrink en ek d*** aan die soeter

wyn teen die groter dors

met 'n koue hart tot die môre uur

drink ek met 'n vuur in my kop

en ek voel die koue

Ja, ek voel die vuur

dit vreet my stuk-stuk op

Ja, daar is teveel

met die wêreld gefoeter
Daar is teveel met die mense gemors

en ek drink en ek d*** aan die soeter

wyn teen die groter dors

met 'n koue hart

tot die môre uur

drink ek met 'n vuur in my kop

en ek voel die koue

Ja, ek voel die vuur

dit vreet my stuk-stuk op
Aan al die helde

na al die geploeter

lê diep onder die aarde se kors

en ek drink en ek d*** aan die soeter

wyn teen die groter dors

met 'n koue hart

tot die môre uur

drink ek met 'n vuur in my kop

en ek voel die koue

Ja, ek voel die vuur

dit vreet my stuk-stuk op

Ja, dit vreet my stuk-stuk op
Report lyrics
Kouevuur (2009)
Kouevuur Kinders van die Wind Môreliedjie Onthou jy nog Sprokie vir 'n Stadskind Jantjie van die Berge Skielik is jy vry Op die pa na Nooitgedacht Skimme As almal vêr is Herbergier Vermiste Mense Swerwers Skadu's teen die Muur Groet sonder Woorde Molberge Gebed