.

Moenie weggaan nie Lyrics

jy moet liewer vergeet
maar
jy moet net onthou:
verby is verby
wis uit die tyd
van misverstand
en die tyd verspil
die aanhou probeer
om te vergeet
van die weggaantyd
gister het gebeur
moenie weggaan nie

Maar ...
ek belowe jou nou:
gepêrelde dou
juwele van reën
want so word ons een
ek sal die aarde verskuif
tot lank na my dood
met glans jou beklee
in goue lig doop
ek gee jou'n ryk
waar die liefde regeer
soos die liefde ons leer
in ons klein koninkryk
moenie weggaan nie
Kom luister na my:
in elke- dag- taal
vertel ek vir jou
'n liefdesverhaal:
twee mense leer
twee harte versmelt
een liefde ontvlam 'n tweede keer
ek vertel 'n verhaal
van 'n koning se nood
hy sterf van sy liefde
want weggaan is dood ...
moenie weggaan nie

Het jy al gesien-
hoe 'n verkluimde vulkaan
wat afgeleef lyk aan die brand kan slaan?
ek d*** dit is waar
'n veldbrand wat brand
maak ryker die oes
as 'n ryk somersjaar
en kom die nag
verhelder die lug
as die rooi en die blou
in die aandskemer trou
moenie weggaan nie
So min bly nou oor:
ek huil nie meer
ek praat nie meer nie
ek wil nie meer nie
ek is nie meer nie
die lewe is leeg
is leeg sonder jou
maak my die skaduwee van jou skadu
maak my die eggo
van die woorde uit jou mond
van jou voetstap op die grond
moenie weggaan nie
Report lyrics
The Brel Album (1999)
I loved You don't forget The old folks Tenderness My childhood Sons of The early morning hangers on Song of the old lovers My open land Little hypocrites If we only have love Marieke Moenie weggaan nie