.

Die Fietsryer Lyrics

Die Fietsryer

Eers was jy net 'n stippelding
'n deining sonder vorm
Naby het jy mens geword
Verflenter op 'n fiets.
Jou jas, jou jas is vol gate geskiet
Deur die wit vlymskerp jare
Maar net jy weet
Waar om in jou jas te staan
Sonder om koud te kry
koud te kry, koud te kry,
koud te kry, koud te kry
koud te kry, koud te kry,
koud te kry, koud te kry
Sonder om koud te kry

Swetend in jou waggel wieg
Sirkel trap die opdraand uit
Die stom wind om jou ore
Het 'n suising gemaak
Toe jy aan die afdraand raak
Jou jas, jou jas is vol gate geskiet
Deur die wit vlymskerp jare
Maar net jy weet
Waar om in jou jas te staan
Sonder om koud te kry
koud te kry, koud te kry,
koud te kry, koud te kry
koud te kry, koud te kry,
koud te kry, koud te kry
Sonder om koud te kry
Jou jas se pante wapper en waai
Soos die hande van 'n jong kind
Al verder weg wapper dit
Ruggelings in die warm wind

Jou jas, jou jas is vol gate geskiet
Deur die wit vlymskerp jare
Maar net jy weet
Waar om in jou jas te staan
Sonder om koud te kry
koud te kry, koud te kry,
koud te kry, koud te kry
koud te kry, koud te kry,
koud te kry, koud te kry
Sonder om koud te kry
Report lyrics
Die Gang (1992)
Die Tyd Stap Aan Lili Marleen Liza Se Klavier Kon Jy Raai Stille Waters Nuwe Aarde Die Fietsryer Skoppensboer Die Gang Sonder Seile Teen die Wind Sy's Al Wat Ons Het Vir 'n Pepermossie