.

So waai die wind Lyrics

My oupa raak te oud vir al sy kwale,
En hy raak ook soms beneuk, maar daars 'n goeie man,
En hy nader 86,
En deur die lyne van sy oë,
Deur die oorloë van verandering,
Kan jy sien hy's nou gedaan,
En sy oë word gou weer lig,
En ek sien daar kom 'n storie,
Van die jare toe ons mense vir beskerming gepleit het,
Was 'n broederbond gebore,
En hy sien my oë frons,
Maar die vuur van al die jare,
Loop steeds nog deur sy are.

En so waai die wind, my kind,
En so waai die wind, ons blind,
En so waai die wind, my kind, Mos alles weg,
Maar dis diep in jou gebore,
Dat niks is ooit verlore.
En hy vra my deur die stories van hoe gaan dit nog op Maties,
En of ons nog ons taal praat want hy weet dis uit ons boeke,
En hy wens vir my 'n vrou toe,
Wat die haat 'n bietjie stil kan maak,
Want dit loop mos deur ons are,
Word net sterker deur die jare,

En so waai die wind, my kind,
En so waai die wind, ons blind,
En so waai die wind, my kind, Mos alles weg,
Maar dis diep in jou gebore,
Dat niks is ooit verlore
En hy hoef dit nie te sê,
Want dis in sy oë,
'n Trots wat my laat skaam voel 'n trots van bo,

En so waai die wind, my kind,
En so waai die wind, ons blind,
En so waai die wind, my kind, Mos alles weg,

Maar dis diep in jou gebore,
Dat niks is ooit verlore
Ja, dis diep in jou gebore,
Dat niks is ooit verlore.
Report lyrics
De la Rey (2006)
De la Rey Praat nog steeds my taal Vodka en OJ Hatfield Jol Die Bok kan blêr Lenteblomme So waai die wind Stuk van jou Op Walvisbaai '68 Chevy (Minki) Katie Girls in Bikinis Habana!