.

Lappieskombers Lyrics

Jy verlam my met jou kyke, jou woorde en jou reuke
wat ruik soos lente bloeisels, wat weer na die boland kom

en ek plant jou in die Namib, ek ly jou nat met soetwyn
dan kyk ek dat jy opkom, in die glim van die more son
en ek bind jou vas in spierwit, en wolke wat hier laag sit
om jou vir altyd veilig, in 'n donskombers te hou

Want jy's die sout wat keer dat ek sleg raak
Ja jy's die sout wat keer dat ek wegraak
Ja jy's die hande wat bind
Jy's die grond waarin ek vas sit
Jy's my lappieskombers in 'n koue wintersnag.
Ja jy's my lappieskombers in 'n koue wintersnag.
Jy's my eerste potjie koffie, my laaste siggaret
die droom waaraan ek vasklou, as ek niks meer hier oor het

Jy's my storm in Augustus, My kwaaddoen se vergifnis
Die engel wat my oppas, As niemand by my wil staan.
Jy's my laatmiddag son, wat nes skrop in my skoot
Jy's die laaste mens wat ek wil sien op die dag van my dood.
Report lyrics
Man Van Stof (2012)
Lappieskombers 'n man soos my pa Murphy's law In die huis waar stilte woon 'n boerseun se droom Dezzie Man van stof Liefde maak op 'n country song Wintersop Johnny cash (medley) Emily Ysterlong Waar die reuse val BBM Klara-belle
Top Adam Tas Lyrics