.

Dezzie Lyrics

Dezzie ek kruis lyne
met die middernag seine vannaand
en Dezzie ek kruis lyne
met die middernag seine vannaand
en ek vra nie meer vir liefde nie
en ek soek nie weer vergifnis nie
ek hoop net dat jy
jou glimlag weer terug sal kry
Dezzie ek stuur blomme
na verlate adresse vannaand
Dezzie ek stuur blomme
na verlate adresse vannaand
want ek weet nie waar jy bly nie
En ek weet nie wie is aan jou sy nie
en al ons blomme het verlep in 'n doodloopstraat.

En ek dra nog die letsels van Akkerstraat 6
my paaie loop terug na daardie adres
met 'n halo in jou hare
en perels in jou smile
die maan dryf in die swembad
toe soen jy my goodbye ye ye
goodbye ye ye
toe soen jy my goodbye ye ye
goodbye ye ye
Dezzie kyk hoe skiet
die sterre nag verby
Dezzie kyk hoe skiet
die sterre nag verby
Het hulle iewers om te gaan rus
waar daar vir hulle 'n lêplek is
Dezzie ons soek almal
iets wat ons nie kan kry.

Dezzie ek kruis lyne
met die middernag seine vannaand
en Dezzie ek kruis lyne
met die middernag seine vannaand
Ek skryf briewe vir die blindes
op 'n Sondagaand
en songs vir die dowes
as dit donker raak
maar my woorde sal nooit ooit jou plek vol kan staan
En ek dra nog die letsels van Akkerstraat 6
my paaie loop terug na daardie adres
met 'n halo in jou hare
en perels in jou smile
die maan dryf in die swembad
toe soen jy my goodbye ye ye
goodbye ye ye
toe soen jy my goodbye ye ye
goodbye ye ye
Report lyrics
Man Van Stof (2012)
Lappieskombers 'n man soos my pa Murphy's law In die huis waar stilte woon 'n boerseun se droom Dezzie Man van stof Liefde maak op 'n country song Wintersop Johnny cash (medley) Emily Ysterlong Waar die reuse val BBM Klara-belle
Top Adam Tas Lyrics