.

My Apologie Lyrics

Ek was die clown in julle kerkdiens, die pastorie se bank
Ek het gekots in die kollektebord, en wie moet ons bedank?
Ek het rumoer in julle sitkamer, ek het die skinkbord omgekeer
Ek het die konsistorie swart geverf, die was my favourite kleur
Al my vriende was so mal soos ek, hulle het hulle w***edra
Hulle was die vlieë in die salf van jong Suid-Afrika
Koortjie:
Maar niemand het geweet hoe eensaam ons gevoel het nie
En niemand het besef hoe baie moeite was die anargie
Ons woede was soos die masker van 'n boere Generaal
Die oorlog was ons erns, maar iewers diep het ons geweet
ons sal eendag die gelag moet help betaal
Do you know what album had this song, can you report to us below?
Berou kom soms te laat, maar ek konnie wag tot tagtig nie
As ek alles oor kon doen, dan sou ek darem wraftig nie
Dieselfde stupid f***e maak op dieselfde ou manier
Al moet ek ter versagting sê, my rug was teen die muur
Maar ek's so jammer oor die mense wat ek weggegooi het langs die pad
Die kinders en die kunstenaars wat saam met my daai drugs wou vat
Al die harte wat gedamage is in die spervuur van ons cause
Ek wens ek kon dit regmaak, ek wens ek kon die knoppie druk vir "Pause"
Koortjie:
Maar niemand het geweet hoe eensaam ek gevoel het nie
En niemand het besef hoe baie moeite was die anargie
My woede was soos die masker van 'n boere Generaal
Maar iewers diep het ek geweet ek sal eendag die gelag moet help betaal
Report lyrics
Equilibrium (2002)
Picasso Se Song Wrapped Around the Moon Sestien Jaar Met 'n Vals Kitaar Kerke Van Die Nag Skadugirl Equilibrium Met Lithium My Apologie Luierliedjie African Skyline Jy Was Nog Nooit in Langstraat as Dit Reën Nie Lalie (dub remix) Oorlog Van Die Lem Op Die Plaas Ou Mense Wil Nie Ruk En Rol Nie Bach by Die Voortrekkermonument