.

Elegie Lyrics

Laaste druppel van emosie by my liggaam uit
Gedehidreer en depressief van soveel selfverwyt
Uitgevat, opgepas en afgehak
Respek gehad vir oum's se reels
maar in my kop hardop gelag
En vir die eerste keer het ek probeer
Om nie 'n doos te wees nie
Maar sy het my manipuleer
Elegie vir my toekomstige vrou
Ek skryf vir jou ek skryf vir haar
En al die girls wat ek sou, gelukkig hou
En ek blameer nie, ek blameer niemand nie
Ek's net teleurgesteld, teleurgesteld

Toe die aand begin het ek myself herwin
My persoonlikheid omgedop
Vuil gedagtes verwyder uit my
uit my losbandige kop
En ek sien haar daar ek wil paar
Sal dit later vir Animal Planet spaar
Klaar te laat en ek's die dwaas
Sy het my totaal en al verbaas
Elegie vir my toekomstige vrou
Ek skryf vir jou ek skryf vir haar
En al die girls wat ek sou, gelukkig hou
En ek blameer nie, ek blameer niemand nie
Ek's net teleurgesteld
Opgebruik en weggesmuit
Maar jy't jou mediseine teruggekry
Ek't gedink sy's fraai
Sy't my verraai, ek's klaar
In die einde is daar geen geheime, maak my los van hierdie lyne
Hard probeer om hierdie seer te keer maak my vry van hierdie pyne
My geduld is klaar vergeet jou ma en hierdie
Sedelose leiding, leiding, leiding

Elegie vir my toekomstige vrou
Ek skryf vir jou, vir haar
Al die girls wat ek sou, gelukkig hou

Elegie vir my toekomstige vrou
Ek skryf vir jou ek skryf vir haar
Al die girls wat ek sou (ek sou, ek sou) gelukkig hou
Gelukkig hou, gelukkig hou
Report lyrics
Veiligheid Eerste (2007)
Kind Nie Beter Boodskap Buite Beheer Elegie Die Verlee Formule Plek Van Onheil
Top éF-éL Lyrics