.

Vreemde Stad Lyrics

Donker word die lug se blou
Ek sit hier in my flat alleen
Die lug is vars, die reën is stil
Die aand se woel het skaars begin
Ek's vreemdeling in Vreemde stad
Niks branders oorkant hierdie pad
My deur staan heeldag wawyd oop
Maar nog net stilte het hier ingeloop

Jou trane oor die telefoon
Ek weet dis my verdiende loon
My grootste f***, ek word ook oud
Het jou laat agterbly om te wag vir my
As alles om jou wegraak
En die wêreld jou maar min traak
As die mure om jou begin kraak
Die gemmerbrandewyn min raak

Tussen stegies en geboue
In Burnettstraat se oggendkoue
Word die wedloop tot stop gedwing
Dan kom die stilte wat jou huis toe wil bring
Woorde & Musiek: Theuns Jordaan
Report lyrics
Vreemde Stad (2001)
Klein Verbond Onthou Jy Nog Skipskop Makiesakie Beautiful in Beaufort-Wes Sonvanger Visserman Skielik Is Jy Vry Vreemde Stad Lalie Hakieshart Sien Jou Weer Loslappie Mengelmoes Liedjieboer Mengelmoes