.

In Die Arms Van Die Nag Lyrics

Intro

Sy loop by die deur in Sannie Pianis
Geklee in swart sy is affirmative
Sy drink haar rooiwyn uit 'n silwer glas
En blaas rook kringe in die arms van die nag
En blaas rook kringe in die arms van die nag
Die skoppensboer verloor sy hart
Die hofnar sug en gooi sy hande in die lug
Daar's sewe halfnaakte maagde wat om haar dans
Almal ritmies in die arms van die nag
Almal ritmies in die arms van die nag
'n Vuurvreter op die verhoog
Steek die wereld aan die brand... sy glimlag
Dan vra sy skaam waar is die maan vanaand
Sy is veilig in die arms van die nag
Sy is veilig in die arms van die nag

Sy praat oor liefde sy skinder oor kuns
En rebelleer teen die wette van die koning
Sy vra die wizard vir 'n wysheid of twee
Hy wys na bo is in die arms ban die nag
Hy wys na bo is in die arms van die nag
En as jy ooit al die geheime wil weet
En as jy ooit van jou hartseer wil vergeet
En as jy ooit enigiets begeer
Kom en lê jy dan in die arms van die nag
Kom en lê jy dan in die arms van die nag X2
Report lyrics
In Die Arms Van Die Nag (2005)
In Die Arms Van Die Nag Raam Dit Met Die Son Oppie Plaas Fantasee Treine Rooiwyn Winter Depot Provera Herfsman Tel Jou Kleingeld Tel Jou Cigarettes Tel Jou Luck Trek Oop Jou Gordyne Sunnyside Corner Kafee In Die Arms Van Die Nag II
Top Bacchus Nel Lyrics