.

Piekniek Opie Maan Lyrics

Ek gooi 'n klippie teen jou ruit
en kyk hoe jy deur jou gordyne loer
En ek het klaar besluit
ek gaan jou ontvoer
En as jy wonder
waarheen ons gaan
Vanaand skiet ek jou
vir 'n piekniek op die maan
Wolk is ons kombersie
ons piekniek op die maan
die aandster is ons kersie
ons hou piekniek op die maan

Ek sien hoe jy besluit
terwyl jy maak asof jy leer
En die onsekerheid
want daar's alles wat jou keer
Maar ek weet jy het
klaar jou pajamas aan
Maar vanaand skiet ek jou
vir 'n piekniek op die maan
Wolk is ons kombersie
ons piekniek op die maan
die aandster is ons kersie
ons hou piekniek op die maan

Jou asem maak wasem
teen die glas
en jy kyk na my spore
in die dou op die gras
so los net als
en los jou tas
en kom net saam
Wolk is ons kombersie
ons piekniek op die maan
die aandster is ons kersie
ons hou piekniek op die maan

wolk is ons kombersie
ons hou piekniek op die maan...
Report lyrics
Die Miskruier Gaan See Toe (2005)
Elvis Bly In Niekerkshoop As Jy Weg Is Al'ie Goeie Goete Niemandsland Nuwejaar In 'n Whiskeybar Donkiekar Windscreen HĂȘndsoppers Skemeraandverlange Piekniek Opie Maan Middernag In Dorpstraat Wiel Wat Draai Bloedkitaar Plankies Afbreek Die Ballade van Kris Muier A Die Ballade van Kris Muier B
Top Zinkplaat Lyrics