.

Die vloek van die kitaar Lyrics

Dis 'n mean ou wêreld baby jy kan bly wees
as jy my nooit weer sien nie.
Ek worstel met die enemy in die middernag
as die ander mense slaap.
Daar's 'n maniac op die freeway wat my jaag
as die ander ouens cruise.
Dis 'n mean ou wêreld baby jy's verlos van
die blues as jy my uitlos.
Ek het bloed gesmeer op die voordeur maar die werk nie
want hulle weet ek is kwaad.
Die water slaan teen die voorstoep die dag toe
hulle my opsoek was ek daar.
En dit help nie om te koes nie hulle slaan my
dis die vloek van die kitaar.

Dis 'n mean ou wêreld baby dis beter as
jy wegbly van my af.
En beste is ek 'n victum van bad-vibes
met my eie tribe and it hurts
En ek is 'n wicked type van die oggend om te kom
met nog 'n koue water aanslag.
Hulle maak moeilikheid met my Ying en Yang verkoop my
aan die masterplan en dit pis my af.
Hoe harder ek probeer om in pas te makeer
Hoe verder wil ek hardloop want daar's stemme by die deur

Dis 'n mean ou wêreld baby jy kan wens jy
was ontslae van my.
My belofte was 'n sameswering
en alles wat ek haat.
My commitment staan op die wisselspoor
tussen liefde maak en moed verloor sê haat
En ek is seker dit is sonde maar ek kan nie help nie
dis die vloek van die kitaar.
Woke up this morning en die Here weet die duiwel was daar
Daar vlieg 'n Engel oor die crossroads en sy roep my
dis die vloek van die kitaar.

Woorde & Musiek: Valiant Swart
TAB: Werner Brand
Report lyrics
Deur die donker vallei (1999)