.

Water Na Die See Lyrics

Ek het die deur geopen
Ek het jou binne gelaat
En ek het met my verbeelding
Die wêreld mooier gemaak
Ek het die maan op 'n nag
Van die hemel gesing
Het die sterre gepluk
En na jou toe gebring
Op 'n reis deur die wolke
Jou die liefde verklaar
Het die woorde laat dans
En die tyd stil laat staan

Maar dit was nooit genoeg nie
En wat ek ook gee
My hart is moeg
my kop is leeg
Ek dra net water na die see
Dit was nooit genoeg nie
Wat meer kan ek gee
My hart is moeg ...
my kop is leeg
Ek dra net water na die see

Ek het gevlieg na die son
Ek het my vlerke verlies
Ek het geskilder met woorde
in kleure wat jy het gekies
Maar jy bly op 'n afstand
Ongrypbaar soos lug
En hoe kan ons saam kom
Wanneer jy my ontvlug
Jy het my laat sien
Hoe die liefde verblind
En ek het myself verlies
En myself weer gevind

Want dit was nooit genoeg nie
En wat ek ook gee
My hart is moeg
My kop is leeg
Ek dra net water na die see
Dit was nooit genoeg nie
Wat meer kan ek gee
My hart is moeg
my kop is leeg
Ek dra net water na die see
En ek weet ek moet dit los
Ek ek weet dit is verby
Maar omdat ons nooit begin het nie
Is daar ook nie 'n einde
En ek het op jou gewag
Vir meer dan 'n jaar
Jou gesoek in die toekoms
Maar jy was niet daar...
Jy was niet daar

Wat meer kan ek doen
Wat meer kan ek gee
My hart is moeg my kop is leeg
Ek dra net water na die see
Wat meer kan ek doen
Wat meer kan ek gee
My hart is moeg my kop is leeg
Ek dra net water die see.
...
Report lyrics