.

Goeienag generaal Lyrics

Dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir die kerkraad, swanger meisie wat wag
In die reën, al die kinders wat die dominee seen,
Al die jong laaities nou net uit die skool, welkom, welkom
Was vir die ryk man op Waterkloofstraat
Blink gebou, almal werk, niemand mag praat
Was vir die weduwees en die armes van gees
Almal in uniform, en die kapelaan lees
Maar Whitey, jou oe op daardie dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou f*****-up geskiet
Goeienag Generaal
Dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir Harry Oppenheimer en al sy maats
Vir Rembrandt van Rijn, Alfred Dunhill
En die OK Bazaars
En die hele spul by die SAUK
Dit was die oorlog vir die CIA
Generaal ry rond in sy blink swart kar
Speel skaak met die kinders van ons land
En agter hom is die wereld nou erg aan die brand
Maar Whitey, jou oe op daardie dag
Was blou net soos dielug
Toe ons weer kyk
Het 'n AK jou f*****-up geskiet
Goeienag Generaal

Woorde & musiek - Piet Botha
Report lyrics