.

Bicycle sonder 'n Slot Lyrics

Karin onthou jy ons kuiers met koeldrank
alleen in die kaia van jeugtyd se groen
onthou jy die dae van skoolbank en kerse
die nagte met honde en goed om te doen
Ek bring vir jou blomme
ek gee jou genot
ek leen jou my bicycle sonder n slot
ek weet dit is laat
en jou ma-hulle slaap
maar ek moes net vir jou sê
ek het jou lief soos die Kaap
Saam het ons buite geklim in die somer
en fietsgery al op die soom van n droom
wat is jy as jy groot is, is die lewe net stroomop?
Al ons vrae het gewapper soos vliëers aan n boom

Karin verstaan jy dat jare soos wyn
kan oud word in kanne vol vriendskap en son
weet jy dat net kinders liewe Jesus kan liefhê
maar dat kinder die wêreld al meer gaan verstom
Report lyrics