.

Sprokie vir 'n stadskind Lyrics

As die reen van stof en roet verby is
en die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
'n neonboog verskyn
En kyk maar goed,
want as jy hom vind
vertel ek vir jou 'n sprokie, my kind
van 'n skatkis met ou kettings gebind
aan die neonboog se punt
Volg hom elke nag langs swart riviere
Kyk nie eenmaal om
As jy aanhou stap
tien duisend ure
sal jy dalk daar kom

Maar hier moet jy jou nimmer laat bind
want so lei die ou, ou sprokie, my kind
As jy geluk en vreugde wil vind
soek die neonboog se punt
Volg hom elke nag langds swart riviere
oor kranse van beton
Dalk vind jy die land van blou safiere
dalk 'n brokkie son
Report lyrics